SALDANHABAAI: – Die 9jarige Graad 3 leerling van Saldanhabaai Primêr, is ‘n ywerige sokker spelertjie, wat eendag op die televisie wil speel

Ashraf van Rhyn is met die onlangse Build-It toernooi in Vredenburg beloon vir sy talent. Ashraf was met die onlangse Build-It sokker toernooi die jongste speler in sy skool se O/13 span. Wat dit egter merkwaardig maak, is dat dit sy derde Buil-It  toernooi was, nada thy reeds op 6jarige ouderdom deelgeneem het.

Ashraf van Rhyn,sponsor,local business,cape coast youth,cape coast youth organisation,cape coast youth

Ashraf wat voor in die middel sit, se teenwoordigheid in die span het beslis die vonk verskaf.

“Pappie moet my beter maak as wat pappie was, sodat ek op die tv kan speel”. Met die woorde herinner die opkomende ster gereeld vir pa Franklin. Wat sy skoolwerk betref, is wiskunde volgens sy pa sy gunsteling vak. “Dalk is hy nog te jonk, maar ons kan nognie agterkom of sy skoolwerk deur sy liefde vir sy sport geraak word nie, het die pa gesê.

“Ashraf is ook ‘n ywerige Morabaraba, skaak en dominous speler”. “Of hy nou vir sy eie skool of enige ander span speel, pla hom nie juis nie.”. Solank hy kan sokker speel, is hy heeltemaal gelukkig, het die trotse ouer vertêl.

Ashraf wou met die dag van die toernooi in Vredenburg net vir die nuwelinge van Hopefield gespeel het. Sy pa wat sport ontwikkeling by skole en klubs doen, het hom vir die een dag saam geneem toe hy die kinders van Hopefield touwys gemaak het oor sokker. Heinie het saam met die span ge-oefen, en hulle het mekaar dadelik verstaan. Daar was vyf verskillende groepe, en die span wat die meeste doele aangeteken het, was beloon met medaljes.

Dalk was dit Ashraf se lyding, of sy inspirasie in die span: die span waarin hy gespeel het, was die wenspan vir die dag. Beslis ‘n seun met talent, maar hy glo dat dit harde werk kos om bo te kom.

Ashraf van Rhyn,sponsor,local business,cape coast youth,cape coast youth organisation,cape coast youth

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *