Karwas-dag op Hopefield

Cape Coast Youth, jeuggroep op Hopefield beplan op Saterdag 2 September ‘n “karwas” vanaf 10vm by ons dorp se taxi rank.  Om Hopefield toe te ry om u kar te laat was, klink dalk vir enige regdenkende mens verregaande. Boonop moet u R30 gaan betaal om u kar te laat was, wat beslis nie lekker klink nie.

cape coast youth,karwas dag,kar was dag,hopefield,taxi rankAs u niks belangrik het vir daardie oggend nie, en u kan ‘n rit Hopefield toe bekostig, u ondersteuning sal nie ongesiens verby gaan nie. Ons beplan om hulde te bring aan ons dorp se oud-Wanderers krieket spelers van die jare 70/80’s. Die vereering vind plaas op 15 September in ons plaaslike gemeenskapsaal, en ongelukkig is daar koste aan verbonde. Met die karwas wil ons fondse insamel om by te dra om medalje’s en trofees aan te koop. Ongelukkig kon ons nie ‘n borg bekom nie, en om die huldeblyke te kanselleer is nie ‘n opsie nie.  U bydrae met ons karwas (wat ook met ‘n mej. karwas insluit, waar u die finalis aanwys) sal ons droom om oud-spelers te vereer, verwesenlik. Ongelukkig kan ons dit nie sonder ondersteuning van u as motoris suksesvol doen nie.

Met water skaarste, gaan ons waterlose spray gebruik om voertuie te was. Vir karre is dit R30. bakkies R35 en taxi’s R40. As u voertuig binne wil laat skoonmaak, sal dit R10 ekstra wees.

Byvoorbaad dank, u ondersteuning word opreg waardeer

cape coast youth,karwas dag,kar was dag,hopefield,taxi rank

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *